Meneer die President, dringende ingryping en verskoning jeens plaasaanvalle en -moorde nodig

Onderteken die DA se ope brief aan President Ramaphosa wat vra dat hy om verskoning vra vir die feit dat hy ontken het dat mans en vroue in landelike gebiede in vrees moet leef wyl hul onverpoos werk om die land te voed. Ons vra ook vir dringende ingryping jeens plaasaanvalle en -moorde.

Please click here to sign this letter in English.

Meneer die President,

Tydens ’n onderhoud in September 2018 met die finansiële nuusdiens, Bloomberg, het u gesê daar is “geen moorde op boere … in Suid-Afrika”.

Maar boere, plaaswerkers, en besoekers aan plase (van alle rasse) was destyds vermoor, en word steeds vandag vermoor.

Hierdie moorde gaan dikwels met vreeslike marteling van die boere en plaaswerkers, hul ouers, hul vrouens, en hul kinders, gepaard.

Wat u destyds kwytgeraak het was ’n leuen.  

Inteendeel, ten tye van u onderhoud was daar 54 boere en plaaswerkers gruwelik op Suid-Afrikaanse plase vermoor, en daar was 394 aanvalle.

Plase in Suid-Afrika is steeds vier keer gevaarliker as enige ander gebiede in die land.

In 2018 was daar 395 plaasaanvalle en 56 plaasmoorde.

In 2019 was daar 419 plaasaanvalle en 56 plaasmoorde.

En tydens die Covid-19 grendelperiode het plaasaanvalle en -moorde die hoogte in geskiet.

Ons vra, Meneer die President, dat u nie net u verklaring terugtrek nie, maar ook onomwonde die mans en vrouens wat in vrees in landelike gebiede woon, maar steeds 24/7 werk om die land te voed, om verskoning vra.

Ons vra ook weer dat u dringende aandag aan die kwessie van plaasaanvalle en -moorde gee.

Die Demokratiese Alliansie, ook DA Skadu Minister van Staatsveiligheid, Dianne Kohler Barnard LP (sien video hierbo), neem die volgende dringende stappe om plaasaanvalle en -moorde aan te spreek:

💬 Versoek om ’n debat van nasionale belang in die parlement.
🚨 Wanneer gepas, plaasaanvalle as Haatmisdade aangee.
🕵️ Implimentering van moniteringsinstruksies om oor ondersoeke en hofverrigtinge toesig te hou.
🔬 Toenemend navorsing doen en statistieke opdateer.
🚓 Verbeterde samewerking met landbou-unies en ondersteuning van plaaspatrollies.
👨‍🌾 Volgehoue ondersteuning vir grondebesit en finansiële bystand vir ontluikende boere.
🤝 Verbetering van die verhouding tussen die SAPD en boere.
👮 Volgehoue druk vir hervestiging van volledig toegeruste spesialis-eenhede.
🚔 Vra vir opskerping van die ondersoekende kapasiteit van landelike SAPD stasies.
🚨 Vra dat die SAPD landelike aanvalle herklassifiseer as prioriteitsmisdade.
🌾 Veg teen onteiening sonder vergoeding.
🏠 Vra vir ’n hersiening van regulasies oor grondbesetting.
🧾 Vra dat boere wat geld aan privaatsekuriteit bestee, belastingverligting kry.
🕵️ Aanvraag vir groter misdaadintelligensiekapasiteit in landelike gebiede.
🚓 Die noodsaaklikheid van grensbeheer uitlig.
🤝 ’n Gesamentlike ministeriële beraad oor landelike veiligheid aanvra.

Meneer die President, u moet Suid-Afrikaanse plaaswerkers en boere om verskoning vra, en daadwerklik optree om die situasie te beredder.

Slegs dan sal hulle, wat dag en nag werk om ons nasie te voed, soos gewaardeerde lede van hierdie strategiese bate van ons land voel.

20080 Ondersteuners

59920 om 80000 ondersteuners te behaal